Ahavah Kids is ‘n kinderbediening wat gedryf word deur ons passie om die hart van elke kind te raak. Ons glo dat elke kind uniek is en dat hulle ‘n spesiale plek in God se hart het. Ons doen dit omdat ons glo dat die liefde en die boodskap van Jesus hulle lewens kan verander, selfs op ‘n jong ouderdom. Dit is ons passie om hulle nie net die liefde van God te leer nie, maar ook om ‘n ruimte te skep waar hulle kan groei, ontdek en weet dat hulle kosbaar is in Sy oë. Dit is ons hartklop—om elke kind te help om sy of haar volle potensiaal in Christus te ontdek….
Ahavah Kids
Waarmee is ons besig?
Ons het reeds ons boekies met die jaar se temas uitgegee. As jy nog nie een het nie kan jy dit gerus Sondag by Ahavah Kids optel. Die boekie bevat al ons lesse vir die jaar so ons maats moet dit asseblief elke week saam bring.