
Ons Visie:
Ons glo dat elke jongmens ‘n unieke potensiaal het wat ontdek, ontwikkel en vervul moet word in Christus. Ons strewe daarna om ‘n ruimte te skep waar jongmense hulle geloof kan ontdek, vrae kan vra en diep verhoudings kan bou – met God, mekaar en die Jeug Personeel.
Ons Missie:
– Geloofsontwikkeling: Ons wil jongmense begelei in hulle geloofsreis deur relevante Bybelonderrig, praktiese toepassing van geloof en persoonlike verhoudings.
– Gemeenskap: Ons wil ‘n hegte gemeenskap bou waar jongmense mekaar ondersteun, aanmoedig en saam groei in hulle geloof.
– Bediening: Ons moedig jongmense aan om hulle gawes te ontdek en dit te gebruik om die Koninkryk van God uit te brei, binne en buite die kerk.
– Leierskap: Ons rus jongmense toe met die nodige vaardighede en insigte om toekomstige leiers in die kerk en samelewing te wees.
Ons Waardes:
– Liefde en Aanvaarding: Elke jongmens is waardevol en word met liefde en aanvaarding benader.
– Integriteit: Ons glo in die belangrikheid van eerlikheid, deursigtigheid en geloofwaardigheid in alles wat ons doen.
– Geloof en Groei: Ons streef daarna om in geloof te groei en ander aan te moedig om dieselfde te doen.
Sluit aan by ons jeugbediening en ontdek hoe jy ‘n verskil kan maak.
Ahavah Youth kom Sondae 09:00 bymekaar
Kontak besonderhede: John Cloete 082 551 6613




