Skip to main content

Waarom Bedienings?

Jesus noem ons die liggaam van Christus in 1 Korintiërs 12, ʼn liggaam het verskillende lede en elke lid het verskillende funksies. Die hele liggaam funksioneer effektief wanneer die lede in die liggaam elkeen sy eie funksie optimaal uitvoer.

Ahavah Familiekerk glo dat nie een lid belangriker as die volgende lid is nie, ook dat die gemeente slegs effektief kan funksioneer indien elke lid van die gemeente ook sy/ haar geestelike gawes gebruik om die liggaam van Christus te laat funksioneer. Ons bedienings is gawe georiënteerd ingedeel volgens die Gawes van die Heilige Gees.

 

Wil jy meer uitvind oor jou Geestelike Gawes? Daar is ‘n toetsie onder “Groei” wat jy gerus kan doen.

Wanneer jy die Gawe toets voltooi het, kan jy dit e-pos aan die Kerkkantoor (admin@ahavah.org.za). Ons kan saam met jou kyk watter bediening die beste by jou gawes, talente, persoonlikheid en belangstellings pas.