Skip to main content

Waarom wy ons kinders aan die Here toe?

Ons wy kinders aan die Here toe vir net een rede. Om vir hierdie spesifieke kind saam met sy ouers die kind te seën en om die Here te vertrou dat Hy hierdie kind se toekoms sal seën en dat hierdie kind op ʼn vroeë ouderdom die Here sal vind as Saligmaker.

Die ouers maak ’n belofte aan God en roep die gemeente as getuies dat hul, hul kinders sal opvoed soos God dit van ons in die Bybel verwag. Ons seën hierdie kind deur salwing met olie en handoplegging en bid dat ouers en Ahavah hande sal vat om hierdie kind groot te maak in die weë van die Here en op grond van die standaarde van die Woord.

Stuur ons ‘n E-pos na admin@ahavah.org.za om aansoek te doen