Ons het in 2024 vir 8 weke gevolg in die voetspore van Jesus en toe vir 8 weke gekyk na die voetspore wat ons as die kerk van liefde in die lewens van ander moet los.
Een storie wat Marius vertel het hang in my gedagtes… Die dominee wat vir weke dieselfde boodskap gepreek het tot hy gevra is hoekom. Sy antwoord aan die kerkraad was: “Julle doen nog nie wat ek julle geleer het nie. Hoe kan ek aangaan om julle nog iets nuut te leer?”
Hoe lyk dit in jou lewe? Volg jy nog in die voetspore van Jesus? Is jy nog aktief besig om voetspore te los in die lewens van die mense om jou?
As jy hierdie reeks mis geloop het, of jy dalk bietjie hersiening nodig het kyk gerus op Youtube na die hele reeks. Soek eenvoudig vir die Ahavah video kanaal. Daar is ook bubelstudie materiaal beskikbaar op RightNow Media.
As jy enige vrae het kan jy gerus die kantoor kontak by admin@ahavah.org.za.


