Meer oor Ahavah
Kom Kuier by Ons
- ‘n Byeenkoms van ongeveer 90 minute.
- Praise and Worship wat ons in die regte stemming sit om God se Woord te ontvang.
- ‘n Boodskap gegrond in God se Woord, wat op jou vlak en prakties oorgedra word.
- ‘n Plek waar kinders en tieners van alle ouderdomme op hulle vlak bedien word en hulle meer van Jesus leer.
- ‘n Plek waar jy kan hoort en waar jy en jou gesin tuis kan voel en ook ‘n verskil maak in ander se lewens.
By Ahavah is daar ‘n plek vir Almal!
Ahavah Kids
Ahavah Youth
Omgeegroepe
Kaart
L/S Muldersdrif, H/V R28 & Hendrik Potgieter Rd, Hendrik Potgieter Rd, Krugersdorp
Wil jy hê ons moet jou kontak?
FAQ’s
Wat trek ek aan?
Kom nes jy is. Gemaklik of in jou mooi-moois, ons is hier om die Here te dien en Sy naam groot te maak.
Wat van my kinders?
Jou kinders sal Ahavah Kids en Ahavah Youth geniet! Terwyl die diens aan is, gaan die 2 jariges tot 13 jariges na Ahavah Kids toe, en die Hoërskool kinders gaan Ahavah Youth toe.
Ek het 'n diens gemis, wat nou?
Geen probleem nie! Ons dienste word elke Vrydag op ons Ahavah Video kanaal op YouTube gelaai.
Wat as ek vrae het?
Daar is ‘n paar opsies.
-
- Vul die vorm hieronder in
-
- Kontak ons by admin@ahavah.org.za
-
- Kom praat met ons na die diens
-
- Woon ons volgende lidmaatinligtingsessie by