By Ahavah glo ons in bekeringsdoop, Die persoon wat gedoop word het dus reeds tot bekering gekom. Doop het niks met jou saligheid te doen nie, maar eerder met gehoorsaamheid. Doop is dus ‘n teken of seël van die feit dat iemand Jesus as Verlosser aangeneem het.
Wat beteken dit as iemand gedoop word? Ons vereenselwig ons met Christus. Met ander woorde ek verbind myself aan Hom en Sy voorbeeld in gehoorsaamheid aan Sy lewe en opdrag in Matteus 28:19.
Waarom moet ek gedoop word? Indien ons ooit wonder wat ons as Christene te doen staan, behoort ons net na Jesus as voorbeeld te kyk en dan daarvolgens te handel. Hy het in alles vir ons die perfekte voorbeeld gelaat en ons behoort in Sy voetspore te volg. Waarom? In Matt 10:24-25(a) lees ons: “’n Leerling is nie verhewe bo sy onderwyser nie. ’n Slaaf ook nie bo sy baas nie. ’n Leerling behoort daarmee tevrede te wees as dit met hom gaan soos met sy onderwyser, en die slaaf soos met sy baas.” Christene, volgelinge van Jesus Christus, behoort dus te doen wat Hy gedoen het en strewe om soos Hy te leef.