Skip to main content

Heb 12:2 “die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.”

Hierdie vers moet ‘n mens n paar keer lees om die skat te vind wat hier in vas gevang is. Die vreugde wat Jesus geweet het Hy eendag gaan beleef in die hemel was een van die redes hoekom Hy bereid was om deur die kruis dood te gaan. Hierdie vreugde was vir Hom nie afhangend van sy omstandighede nie, nee dit was ‘n vaste bewustheid.

Nee ons vreugde moet bepaal word deur wat Jesus aan die kruis gedoen het en die gedagte saam met Hom eendag in die hemel, dan is dit ‘n vaste fondasie, on wrikbaar, altyd dieslefde maak nie saak wat die lewe jou kant toe gooi nie.

Uitdaging: Besef daar is geen groter vreugde wat vir ons wag in die hemel nie, omdat God daar is en staan vas in hierdie wete dit is ‘n besluit wat jou hele lewe sal beinvloed.