
Marius is ons gemeenteleier. Hy is ʼn mens-mens. Hy het ʼn passie vir mense en drukkies. Hy floreer op goeie verhoudings en is ʼn tipiese “I – Persoon” volgens die DISC-analise. Sy vyf hoof sterkpunte is Kommunikasie, Positiwiteit, Harmonie, WOO (Winning Others Over) en Insluiting. (Includer).
Hy het ʼn passie vir die Woord van die Here, veral om dit verstaanbaar en eenvoudig oor te dra dat elke persoon in die gehoor dit verstaan. “As jy klaar gepreek het, en iemand voel steeds onseker wat jy wou sê, is dit ʼn “epic-fail”, is sy uitkyk. Hy is meer as ʼn leraar, prediker en herder van Ahavah Familiekerk, hy poog gedurig om verhoudings te bou en vir almal te wys dat liefde nie ʼn emosie is nie, maar dat liefde die sentrale boodskap is van die Bybel, die samebindende faktor van die Vrug van die Gees asook die belangrikste eienskap wat die kind van God moet uitstraal na ander, want God is Liefde.
As jy hom uitvra oor verhouding met God en Ahavah, dan sê hy: “Ahavah was nog altyd die doel, al het ek nie geweet wat die “naam” sou wees nie. Ek loop al jare met die droom, maar God moes eers ʼn pad stap met my as mens voordat ek gereed was om my doel op aarde prakties uit te leef.”
Marius is al oor die dertig jaar getroud met Salomé en hulle het twee dogters, Zané en Anchené. Albei is reeds volwasse dames. Zané is getroud met Herman, en Anchené is verloof aan André. Hy sê: “Ons het nooit ons eie seuns gehad nie, maar Herman en André is nou so deel van my lewe, dat ek nie my lewe sonder hul kan indink nie, hulle is my seuns.” Die nuutste toevoeging tot die “van Jaarsveld familie” is, Eirené, oupa se hart se punt. Hy reken hy het ʼn ekstra hartkamer net vir haar bygegroei en is bereid om nog hartkamers te groei vir nog kleinkinders.
Marius was na matriek eers weermag toe en daarna Mynbou gestudeer. In 1992 het hy teologie begin studeer en het verskeie teologiese kursusse suksesvol voltooi. Hy hou glad nie van ʼn titel nie en hou nie daarvan dat mense hom op ʼn titel aanspreek nie. Hy sê: “Ek is Marius, titels ontneem mense van die vrymoedigheid om met jou te connect”.
In sy vrye tyd hou hy daarvan om gesond te leef, te oefen en ʼn gesonde leefstyl uit te leef sodat hy optimaal kan funksioneer om sy roeping en doel te kan bereik. Hy hou van die buite lewe, sport en duik graag saam met vriende. As jy hom beter wil leer ken kom kuier gerus by Ahavah!



Ek is met John getroud (die Engels man) en ons dogter Carmen is ‘n Biokinetikus wat onlangs haar eie praktyk begin het – sy is my pride en joy. My passie is Spinning klasse by die gym wat ek 5x ‘n week doen. Dis my kop skoonmaak sessies!
Die see is my “happy place” en ek sal graag eendag ‘n huisie by die see wil hê….
As Ahavah Familiekerk se gemeente bestuurder geniet ek dit om al die administratiewe aspekte van die kerk doeltreffend te bestuur – ek is ‘n lysie mens maar leef ook my kreatiewe kant uit deur my grafiese ontwerpe. Ek probeer werklik om ‘n positiewe bydrae tot die gemeente te lewer.